Maidstone weekbrief
14 Mei 2024
 

“Toe bid Jona daar binne in die vis tot die Here sy God...”
Jona:2:1
 
“We become what we are called to be by praying”.
Eugene Peterson


Ons is weer terug by gebed. Jona wou (in hoofstuk 1) nie in die storm bid nie, terwyl die matrose bid. Selfs toe die kaptein vir Jona vra om wakker te word en te bid, het hy steeds nie gebid nie. Want eintlik wou Jona nie met God deal nie. Dit is mos wat gewoonlik gebeur as ons wegdraai van die Here af, as ons dink ons lewens is ons saak. Dit is nie. En al dink ons so, voordat ons onsself kan kry dan bid ons, almal doen. Al is dit net ’n “Here, help!”
Eugene Peterson (wat The Message geskryf het) sê dat die belangrikste saak in gebed, “is to show up”.  Stop net en raak stil – sommer nou net daar waar jy is. En begin net met “Here, hier is ek…” Dis al.
Toe Jona in die vis se maag beland is sy eerste woorde: “In my nood het ek tot die Here geroep…” Jona se reisplanne is deurmekaar gekrap, sy reputasie lê aan skerwe, maar hy weet waarheen hy kan gaan en dit red sy lewe. “In my nood het ek tot die Here geroep…” Die AA (Alcohol Anonymous) se twaalf-stap program vir alkoholiste begin met  (1) die erkenning dat jy magteloos is teenoor alkohol en (2) dat jy ’n mag groter as jouself nodig het om jou te red.   
Soos Jona kom ons almal op die punt waar ons moet ophou weghardloop en wegkruip – ons doen dit die beste met besig-wees – en weet dat ek hierdie groter God nodig het om my te red. Ons mag weet dat hierdie Here wag dat ons net moet “show-up”.
Sondag meer hieroor. Sien jou by kerk!

 
SONDAG 19 Mei EREDIENS Sutton Valence School 11:00
Ons gaan verder lees oor Jona en die groot God wat hom roep en stuur. Lees Jona 2 en bid vir ons erediens.  Nooi sommer ou vriende saam. Sien julle daar!

Voorbidding hierdie week
Hou aan bid vir Collette Visagie vir aansterk na haar operasie.
Bid ook vir Evert en Christelle le Roux met die afsterwe van Evert se moeder. Die begrafnis was verlede Saterdag.


Verjaarsdae hierdie week
Baie geluk aan die volgende mense wat hierdie week verjaar! 
Rozanne Matthee                          18 Mei
Anais Chowles                                  20 Mei


Kontak ons asseblief oor enige iets by rian@sagemeente.com of ronel@sagemeente.com of op my mobile 07725894210.
 
Hoop julle het ‘n baie goeie week en sien Sondag! 
 
Groete in Christus
Rian Steyn