Is jy nuut?

 

Baie welkom!

 
Of jy nou nuut in Maidstone en groter omgewing is, of al jare lank hier woon, hoop ons om al jou vrae te beantwoord oor wie en wat ons is en waarin ons glo. Hieronder is 'n paar sleutelpunte wat jou kan help daarmee, en indien jy nog enige ander vrae het, kontak ons gerus onder ons Kontak Ons bladsy.
 

Wanneer & waar is ons eredienste?


Ons hou elke 1e en 3e Sondag van die maand diens om 11:00am in Sutton Valence School, Maidstone. 

Die adres is:

Sutton Valence School,
North Road,
Sutton Valence,
Maidstone, Kent,
ME17 3HL
 

Wat kan ek verwag as ek daar aankom?


Met jou aankoms, sal ons Verwelkomingspan jou hartlik welkom heet. 'n afkondigingsblaadjie met inligting vir volgende periode wat van belang is word uitgedeel.

Aan die begin van die diens word gevra of nuwe mense teenwoordig is indien jy nog nie deur iemand ontmoet is voor die diens nie sal ons Verwelkomingspan na die diens met u kontak maak en al die nodige inligting aan u deel asook ons  jaarlikse kalender.

‘n Kort kinderdiens word aan die begin van die diens vir ons kleutertjies bedien waarna hulle na hul klassies gaan.

Nadat ds Rian die seën uitgespreek het, kuier ons saam met koffie, tee en koekies waartydens u ook voorgestel word aan ander lidmate.


Is daar 'n spesifieke 'dresscode'?


Glad nie!!! Wees net jouself en dra die klere waarin jy gemaklik voel.
 

Is daar enige kinderdiens fasiliteite?


Definitief! Ons het fasiliteite vir kinders van alle ouderdomme.  
Vir Babas en Peuters (0-3) word voorsiening gemaak in voorportaal met TV uitstending en speelgoed indien ouers nie in kerksaal met woelige peutertjies kan bly sit.
Sondagskool vir Juniors (4-10jr); Tieners (11-14jr).
Belydenisgroepe (15-16jr) word deur ds Rian aangebied.
Vra gerus vir ons Verwelkoming Span vir meer inligting hieroor.

Veiligheid van ons kinders is ons eerste prioriteit, daarom is ons Sondagskool onderwysers CRB-geregistreer. Click hier vir meer inligting daaroor.
 

Kan ek engels-sprekende vriende saamnooi?


Al ons dienste is wel in Afrikaans, maar ons het 'n Vertalingspan wat die hele diens vertaal na Engels. So Engels-sprekende gaste kan by die deure oorfone optel waarmee hulle dan die diens in Engels kan luister. Ons poog ook om beide Afrikaans en Engelse liedjies te sing tydens ons eredienste.
 

Sal ek by die kerk moet aansluit?


Geensins!

Voel vry om net te sit en waar te neem. Jy kan soveel deelneem soos wat dit vir jou gemaklik voel.