Meer Oor Ons


'n Geestelike tuiste vir wêreldreisigers ...

meeroorons

 


by SA Gemeente Maidstone

 

“Ek mis my familie!!”
 
Ons ken almal die gevoel van alleen wees, ver weg van jou mense af. Ons het vir jou goeie nuus …. in die suidoorste van Engeland is daar ‘n gemeente waar mense jou graag wil verwelkom as deel van ‘n eiesoortige familie.
 
Elke 1de en 3de Sondag doen ons moeite en ry ver (sommige tot 2 ure) om ons erediens in Maidstone, Kent (Sutton Valence) by te woon. Ons Maidstone gemeente het oor die jare gegroei tot 'n gesonde en groeiende groep mense wat vir die Here lief is en Hom voluit in die gemeenskappe dien waar ons woon en werk. Ons eredienste op 'n Sondag is 'n viering, of celebration van die God wat vir ons lief is en wat ons glo by wie elkeen welkom is!  
 
Ons fokus op : 
  • Eredienste & Bybellees
  • Kinderbediening & Kleingroepe
  • Gemeenskapsprojekte & Persoonlike getuienis
 
Onthou Jesus se woorde toe Hy met sy volgelinge gepraat het:
 
“Daar is my moeder en my broers! Elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is, die is my broer en my suster en my moeder.” - Matt 12:49