Preekreeks Mei en Junie 2024


Van die begin af was die plan dat geloof iets is wat ons moet gaan uitleef, of moet gaan deel.  In die Ou Testament is daar die storie van die profeet (Jona) wat toe God hom daarvoor roep, toe hardloop hy weg.  Die groot saak in die storie van Jona is nie die vis nie - dit is wat maak ek met 'n God wat ons roep omdat Hy genade het met mense. En ons voel ook soms soos Jona - ons wil nie hierdie  verantwoordelikheid vir ander vat nie, ons wil nie uitreik na mense toe nie, ons wil nie getuig nie, en soos Jona wil ons op 'n skip klim en presies die teenoorgestelde kant toe vlug en gaan wegkruip. 
Maar ons kan nie wegkom van 'n God wat omgee vir mense nie. Dit staan in die hart van ons geloof.  So as ons gaan vra: Wie sit langs jou, dan is die vraag: Vir wie gee jy om? Na wie toe stuur die Here jou? Vir wie het jy genade?